fbpx

Education & Awareness

Puppet books

 

Children

.

Ek is lief vir seeskilpaaie book

R55.00

In stock

Book details:

Hatch die seeskilpad het pas uitgebroei en het nog baie om van die wêreld te leer. Op pad see toe, ontmoet hy vir Tienks die skilpad, wat dink dat hulle dalk familie kan wees. Saam-saam leer hulle van die verskille tussen skilpaaie en seeskilpaaie. Maar bo hulle koppe vlieg 'n groot gevaar: dis Edgar die visarend, wat Tienks agtervolg. Maak ook kennis met Bella, die wyse ou mamma-seeskilpad, wat Hatch van seerommel red.

Die interaktiewe dialoog betrek kinders by die opwindende storie terwyl hulle op 'n prettige en kreatiewe manier van diere en bewaring leer. Die boek bevat boonop allerhande ekstra aktiwiteite, soos 'kielie jou brein', 'word groot en sterk', wat jou van die seeskilpad se lewensiklus vertel, en 'waar pas ek in', wat jou op 'n lekker en maklike manier van verskillende soorte diere leer.

Deur hierdie boek te koop, dra jy by tot die rehabilitasie van seeskilpaaie by die Two Oceans Aquarium Education Foundation.

Suitable for ages 2-years and up.

Written and illustrated by Marguerite Venter. Also available in English.